Mnr. Van Eeden het die eerste skoolwapen ontwerp. Dit het bestaan uit ‘n perd wat in ‘n tuig trek. Mnr. Van Eeden het gesê dat ‘n perd wat werk nie skop nie. Hiermee het hy bedoel dat kinders wat werk nie tyd het vir snert nie.
In 1966 is die ou skoolwapen met die bestaande skoolwapen vervang. Die ougoud in die wapen dui op die oranje in die Steyn-familiewapen. Die twee inkpotte en veerpenne simboliseer Kennis, die fort die volkstigting. Die Brandende fakkel die lig van Christelike beskawing.


Geen veranderinge is deur die jare aan die leuse “Vorentoe” gemaak nie.