VERLOF: (tydens die week)

  • Ouers/voog wat hulle kinders gedurende die week kom haal, moet met koshuisouers vooraf reëlings tref.
  • Slegs ouers/voog mag die leerlinge uitneem. Met spesiale geleenthede moet die ouers/voog toestemming gee.
  • Naweke sluit die koshuis Vrydagmiddag om 18:00
  • Sondae kan die leerlinge vanaf 17:00 tot 20:00 terugkom koshuis toe. Geen etes of warm water is op Sondagaande beskikbaar nie.
  • Vakansies sluit die koshuis om 13:00
  • Geen kind mag van die skool af koshuis toe gaan sonder skriftelike toestemmingkaartjie van koshuisouers en/of skoolhoof nie. (Dit geld ook in geval van siekte)

VERLOF:  (met siekte)

  • Geen kind mag sonder toestemming van koshuisouers of personeel gehaal word nie.

NAWEKE:

  • Leerlinge moet elke naweek huis toe gaan en mag nie later as 18:00 gehaal word nie.