Vorentoe, steeds vorentoe, President Steyn

Vorentoe, in die opleiding van die jeug van die gemeenskap wat hy dien;

Vorentoe, in die kweek van insig, diepte besef en liefde vir die studievlak;

In die daarteenstelling van primêre vakkundige vaardigheid by die leerlinge;

In die kweek van goeie Vaderlanders en van geestelike en verstandelik toegeruste landsburgers;

Vorentoe, in die proses van vorming van stabiele, karaktervolle wesens – mense met gesonder lewensperspektief en ewewig;

Vorentoe, in die besieling van die jeug, die kweking van idealisme, geesdrif en waardering vir wat groots en edel en onverganklik is in belang van volk en vaderland;

En Vorentoe, in die oordraging van die begrip van die wondere van die skepping en van ‘n diepere besef van ‘n Almag wat alles beheers en orden.

Voorwaar geen edeler taak as dié van die onderwyser nie!

Die hart, die hoof en die hand – ‘n drieledige ontwikkelingsproses wat ‘n harmonieuse eenheid daarstel.

Mag ek ten slotte die Vryheid neem om Pres. Steyn se mooi leuse aan te vul met die gevleulde woorde van wyle volksvader.

J.D Kestell: “’n Volk red homself…Vorentoe! Boontoe!