• Gehoorsaamheid te alle tye.

  • Netheid te alle tye.

  • Vernielsugtigheid sal nie geduld word nie.

  • Mag nie kafee toe gaan sonder toestemming nie.

  • Alle studies moet bygewoon word.

  • Daar mag nie musiek speel terwyl groep skool toe stap nie.

  • Mag nie skool toe gaan na skoolure tensy georganiseerde sport of iets

  • soortgelyk aangebied word nie.

  • In en uitteken is verpligtend indien koshuisgronde verlaat word.

  • Geen leerling mag buite die koshuisgronde speel nie.

  • Bywoning van alle etes is verpligtend.

  • Indien jy siek is, mag jy nie van die skool af wegbly sonder die koshuisouers se toestemming nie.

  • Leerlinge mag slegs in uitsonderlike gevalle of spesiale geleenthede gedurende die week uitslaap.

  •  Vloek, drank, rook onsedelikheid, ens is ontoelaatbaar!

  • Leerlinge se kaste moet ten alle tye gesluit wees.

  • Prefekdienste word in oorleg met koshuisouers gedoen.

  • Geen rowwe spelery of hardloop in koshuis nie.

  • Selfone moet 20:00 ingegee word.

  • Seuns mag nie in meisiekant kom nie of by hulle vensters kuier nie en visa versa.

  • Ouers/Voogde van koshuisgangers moet 24 uur per dag beskikbaar wees indien daar ‘n noodgeval is.