Kort Historiese Oorsig

Mnr. D.H van Eeden teken aan dat die Openbare Skool, Hartebeesfontein, distrik Bloemfontein, in Januarie 1930 (24 Januarie 1930) geopen is. Op die skoolrol het die name van 33 leerlinge gepryk. Die waenhuis en buitekamer van mnr Jan Venter van Sanniesrus  is as skoollokale gebruik.

Op 30 Junie 1930 het hulle die nuwe skoolgebou (3 nuwe klaskamers) betrek. Mnr Koos Saaiman het ‘n saal van hot en sink opgeskiet. Dit was die eerste skoolsaal op die Vrystaatse platteland. Prysenswaardig is veral die feit dat dit die produk van die gemeentskap self was, want dit is sonder enige subsidie van die Departement Onderwys gebou.

Op die 10 Oktober 1953 is nog ‘n groter saal voltooi en daar was 200 leerlinge op die skoolrol met agt klaskamers en ‘n houtwerkkamer in gebruik.

Alhoewel daar reeds in 1944 ‘n dringende behoefte was vir ‘n Hoërskool, het die nuwe status van Junior Hoërskool eers in 1955 sy beslag gekry.

Vanaf 1965 is die skool se status na ‘n Klas 1 skool verhoog. Op 4 September 1981 is die eerste fase van die nuwe gebou in gebruik geneem, in 1984 is die kompleks voltooi en op die 3 Augustus 1984 is die nuwe skoolgeboue amptelik ingewy.

Die skool se status verander in 1993 toe die nuwe kleuterskool sy spreekwoordelike eerste tree gee.

Skoolhoofde

  • D.H. Van Eeden 1930 – 1955
  • C.J. du Toit 1962 – 1983
  • H.J. de Waal 1984 – 1984
  • A.J. Eysele 1984 – 1994
  • G.T. Store 1995 – 2011
  • W.D. Moors 2012 – 2018
  • R.C.B. Meyer 2019 – Huidiglik