Die skoolhoof, Daniël van Eeden, was van die begin af oortuig dat die skool se naam dié van die gevierde volksman, Preident M.T. Steyn moes dra, omdat hy oortuig was dat President Steyn nie na regte geëer is vir sy dade nie. Die skoolkommissie het hierdie voorstel heftig teengestaan vir politieke redes.
Uiteindelik in 1938 het mnr. Koos Saaiman toeggegee en voorgestel dat die hoof die naam President Steyn aan die Departement van Onderwys moet voorlê. Kort na hierdie historiese vergadering is ‘n nota van mnr. J.F. Castelyn, sekretaris van die skoolraad, ontvang met die Departement se gelukwensing.
In die rapport van die Distriksinspekteur van 9, 16 en 17 Maart 1939 word die naam “Openbare Skool President Steyn” vir die eerste keer gebruik.