ALGEMENE INLIGTING
Hoërskool President Steyn Koshuis is gesluit vanaf Vrydag 18:00 tot Sondag 17:00. Geen uitsonderings sal gemaak word nie.
- Snoepie beskikbaar.
- Skooldrag na en vanaf koshuisgronde vir skoolaangeleenthede.
- Na vakansies kan leerlinge ‘n dag vooraf terug wees by koshuis. (17:00 – 20:00).
- Elke oggend inspeksie van kas en kamer.
- Geen selfone in studietye/stiltetye/etes.
- Koshuiskinders loop in groep skool toe en terug.
- Volgens wet mag ons geen medikasie verskaf nie.